e-Boek ePub vir tablette: Via Afrika Geografie Graad 11 Leerderboek

R70.61

Interaktiewe eBoek van Leerderboek ingebed met videos, animasie, klankgrepe en meer. Vir gebruik op tablette.

Buy product

ISBN: 9781415444139
Categories: , ,

Description

Hierdie is die digitale weergawe van die boek, vir gebruik op tablette. Kliek hier vir meer inligting oor ons verskeie eboeke.


Dit is die ideale geleentheid om jou kennis van Suid-Afrika en die Afrika-kontinent uit te brei. Jy sal sien hoe die weer en klimaat die manier hoe bevolkings leef, beïnvloed, net soos jy ook die impak van menslike aktiwiteit op die omgewing kan sien. Jy sal meer te wete kom van waterhulpbronne, die uitdagings wat met ontwikkeling gepaard gaan en die kwessies met betrekking tot energieproduksie. Jy sal ook mettertyd uitvind hoe rotse wat in horisontale lae voorkom, van Suid- Afrika se opvallendste natuurlike kenmerke vorm. Jy sal waardevolle vaardighede leer, soos om topografiese kaarte en lugfoto’s te bestudeer. Alles wat jy leer, sal jou ’n groter waardering vir ons wêreld en ons rol daarin gee. Jy sal dalk selfs ’n loopbaan oorweeg wat op jou geografiese kennis gebaseer is. Hierdie boek sal jou help om in daardie rigting te beweeg.