Via Afrika Geografie Graad 11 Leerderboek

R272.90

  • Volkleur, A4 grootte handboek.
  • Pragtige illustrasies en keurige uitleg.
  • Spesifiek geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringbeleidsverklaring (KABV) te voldoen.
  • Sleutelterme word in rooi gedruk as dit vir die eerste keer verskyn. ‘n Lys van hierdie terme word ook in rooi aan die begin van elke eenheid of hoofstuk gelys.
  • Nuwe woorde is in blou en word in die kantlyn verduidelik.
  • Aktiwiteite help leerders om te verstaan wat hulle geleer het.
  • ‘n Opsomming aan die einde van elke onderwerp help leerders studeer.
  • Die Formele Assesseringstaak (FAT) blokkie bevat take wat leerders voorberei vir dié wat in die klas voltooi moet word.
  • Vrae aan die einde van elke onderwerp help leerders met hersiening.
  • ‘n Voorbeeld van ‘n eksamenvraestel aan die einde van die boek sal leerders ook help oefen en leer oor alles wat hulle nodig het om te weet.
View Cart
ISBN: 9781415422656
Categories: , ,

Description

Dit is die ideale geleentheid om jou kennis van Suid-Afrika en die Afrika-kontinent uit te brei. Jy sal sien hoe die weer en klimaat die manier hoe bevolkings leef, beïnvloed, net soos jy ook die impak van menslike aktiwiteit op die omgewing kan sien. Jy sal meer te wete kom van waterhulpbronne, die uitdagings wat met ontwikkeling gepaard gaan en die kwessies met betrekking tot energieproduksie. Jy sal ook mettertyd uitvind hoe rotse wat in horisontale lae voorkom, van Suid-Afrika se opvallendste natuurlike kenmerke vorm. Jy sal waardevolle vaardighede leer, soos om topografiese kaarte en lugfoto’s te bestudeer. Alles wat jy leer, sal jou ’n groter waardering vir ons wêreld en ons rol daarin gee. Jy sal dalk selfs ’n loopbaan oorweeg wat op jou geografiese kennis gebaseer is. Hierdie boek sal jou help om in daardie rigting te beweeg.