e-Boek (e-PDF): Via Afrika Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 8 Novelle: Sweepsoldaat van Sondelani

R21.30

Hierdie novelles is geskryf om by die belangstellings en leesvlakke van leerders in Graad 7, 8 en 9 aan te pas. Die novelle vorm ‘n belangrike deel van die leeskomponent van die KABV-kurrikulum en moet aanvullend by die klasleesboek gebruik word.

Buy product

ISBN: 9781415455982
Categories: , , ,

Description

This is the digital version of this book, for use on tablet devices. Click here for more information on our different ebooks.


Eers het Mandla gedink sy broer, Bongi, is reg; hy voel dalk net kriewelrig omdat die drif altyd donker is. Dalk is die geplas in die water maar net watervoëls. Tot die aand wat die rooi oë tussen die riete verskyn . . .

Mandla se pa wil hom nie glo nie en noem hom ’n zinyane wat blêr-blêr na sy ma toe hardloop. Bongi lag hom uit. Hulle bokke begin verdwyn, en Simba, Bongi se hond, word vergiftig. Brandstigting verwoes byna die plaas, en wanneer Mandla se pa hom opdrag gee om die rietbos aan die brand te steek, begin dinge erg skeefloop. Die dag na die brand maak Mandla en Bongi ’n gruwelike ontdekking en om alles te kroon, word Mandla se pa deur die polisie ondervra oor wildstropery op die plaas waar Thandi se pa bestuurder is. Sy vriendskap met Thandi is daarmee heen en niks is reg met die wêreld nie. Mandla het nog nooit so alleen gevoel nie. Hy weet hy moet iets doen, maar wat?