Afrikaans-is-lekker-verhale

R260.90

Die bundel bevat tekste wat strek van volksvertellings tot verhale oor die uitdagings van Suid-Afrika vandag – alles vir die eerste keer in boekvorm en deur sowel gevestigde as nuwe en jong skrywers.

View Cart

Description

Afrikaans-is-lekker-verhale is nie sommer ’n gewone skoolbundel nie. Sommer met die eerste sien, is die verskil duidelik: hier vat die skeppings van die woordkunstenaar hande met dié van die beeldende kunstenaar.

Elke verhaal is óf nuut vir hierdie bundel geskryf, óf dit verskyn hier vir die eerste keer in boekvorm. Die verhale dek ’n wye verskeidenheid: van tradisionele volksvertellings tot verhale oor die uitdagings van Suid-Afrika vandag.

En dan die illustrasies: elke skets is spesiaal vir hierdie bundel gedoen deur die bekende kunstenaar, Frans Claerhout.

Op die verhale volg biografiese besonderhede van die skrywers, woordverklarings en begripsvrae asook aktiwiteite wat op die nuwe Suid Afrikaanse skoolkurrikulum gebaseer is.

Die bundel is veral geskik vir leerders wat Afrikaans as Eerste of as Tweede Addisionele Taal in die hoërskool neem.