Via Afrika Toerisme Graad 10 Leerderboek

R249.90

  • Volkleur, A4 grootte handboek.
  • Pragtige illustrasies en keurige uitleg.
  • Spesifiek geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringbeleidsverklaring (KABV) te voldoen.
  • Sleutelterme word in rooi gedruk as dit vir die eerste keer verskyn. ‘n Lys van hierdie terme word ook in rooi aan die begin van elke eenheid of hoofstuk gelys.
  • Nuwe woorde is in blou en word in die kantlyn verduidelik.
  • Aktiwiteite help leerders om te verstaan wat hulle geleer het.
  • ‘n Opsomming aan die einde van elke onderwerp help leerders studeer.
  • Die Formele Assesseringstaak (FAT) blokkie bevat take wat leerders voorberei vir dié wat in die klas voltooi moet word.
  • Vrae aan die einde van elke onderwerp help leerders met hersiening.
  • ‘n Voorbeeld van ‘n eksamenvraestel aan die einde van die boek sal leerders ook help oefen en leer oor alles wat hulle nodig het om te weet.
View Cart
ISBN: 9781415423158
Categories: , ,

Description

Ons as Suid-Afrikaners is bevoorreg om in so ‘n mooi land te woon. Suid-Afrika loop oor van verstommende besienswaardighede en ons florerende toerismebedryf is belangrik vir ons ekonomie. Vanjaar sal jy interessante fasette van hierdie bedryf ondersoek, soos vorms van vervoer, akkommodasie, erfenisgebiede en ander interessanthede wat toeriste aantrek, die redes waarom mense reis en die sterk rol van buitelandse geldeenhede. Jy sal kyk na die sosiale en omgewingsimpak wat toerisme op Suid-Afrika het en jy sal jou land beter as ooit tevore leer ken. Maak gereed vir ‘n avontuur.