Via Afrika Tegnologie Graad 7 Leerderboek

R180.90

  • Volkleur, A4 grootte handboek.
  • Pragtige illustrasies en keurige uitleg.
  • Spesifiek geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringbeleidsverklaring (KABV) te voldoen.
  • Sleutelterme word in rooi gedruk as dit vir die eerste keer verskyn. ‘n Lys van hierdie terme word ook in rooi aan die begin van elke eenheid of hoofstuk gelys.
  • Nuwe woorde is in blou en word in die kantlyn verduidelik.
  • Aktiwiteite help leerders om te verstaan wat hulle geleer het.
  • ‘n Opsomming aan die einde van elke onderwerp help leerders studeer.
  • Die Formele Assesseringstaak (FAT) blokkie bevat take wat leerders voorberei vir dié wat in die klas voltooi moet word.
  • Vrae aan die einde van elke onderwerp help leerders met hersiening.
  • ‘n Voorbeeld van ‘n eksamenvraestel aan die einde van die boek sal leerders ook help oefen en leer oor alles wat hulle nodig het om te weet.
View Cart
ISBN: 9781415419281
Categories: , ,

Description

Daar was nog nooit ‘n meer geskikte tyd om Tegnologie te bestudeer as juis nou nie. Dit het die manier waarop ons sake doen, verander. Dit het die geneeskunde, die nywerheid, die bankwese en die manier waarop ons met mekaar kommunikeer, verander. Dit het selfs die manier waarop ons ons stede en dorpe bou, verander. Jy sal hierdie jaar na verskillende tipes tegnologie kyk, sowel as sommige van die loopbane wat daarvan gebruik maak. Dit is inderdaad ‘n baie opwindende wêreld – soos jy in hierdie boek sal ontdek.