Via Afrika Skeppende Kunste Graad 7 Leerderboek

R185.90

  • Volkleur, A4 grootte handboek.
  • Pragtige illustrasies en keurige uitleg.
  • Spesifiek geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringbeleidsverklaring (KABV) te voldoen.
  • Sleutelterme word in rooi gedruk as dit vir die eerste keer verskyn. ‘n Lys van hierdie terme word ook in rooi aan die begin van elke eenheid of hoofstuk gelys.
  • Nuwe woorde is in blou en word in die kantlyn verduidelik.
  • Aktiwiteite help leerders om te verstaan wat hulle geleer het.
  • ‘n Opsomming aan die einde van elke onderwerp help leerders studeer.
  • Die Formele Assesseringstaak (FAT) blokkie bevat take wat leerders voorberei vir dié wat in die klas voltooi moet word.
  • Vrae aan die einde van elke onderwerp help leerders met hersiening.
  • ‘n Voorbeeld van ‘n eksamenvraestel aan die einde van die boek sal leerders ook help oefen en leer oor alles wat hulle nodig het om te weet.
View Cart
ISBN: 9781415422458
Categories: , ,

Description

Welkom by ‘n interessante nuwe wêreld van leer en vermaak. Skeppende Kunste sal jou kreatiwiteit ontwikkel. Dit sal jou talente slyp. Dit sal jou leer hoe om jouself uit te druk deur Dans, Drama, Musiek en die Visuele Kunste. Jy sal jou gunsteling musikant bestudeer en pret hê met kunsvlyt. Jy sal volksverhale verken, dit opvoer en die verborge betekenisse daarvan ontdek. Soos jy meer leer, sal jy begin om jou eie kreatiewe stem te ontdek. Die lewe is ‘n groot verhoog. Gryp die geleentheid aan en lewer jou beste vertoning.