Via Afrika Lewensoriëntering Graad 12 Leerderboek

R270.90

  • Volkleur, A4 grootte handboek.
  • Pragtige illustrasies en keurige uitleg.
  • Spesifiek geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringbeleidsverklaring (KABV) te voldoen.
  • Sleutelterme word in rooi gedruk as dit vir die eerste keer verskyn. ‘n Lys van hierdie terme word ook in rooi aan die begin van elke eenheid of hoofstuk gelys.
  • Nuwe woorde is in blou en word in die kantlyn verduidelik.
  • Aktiwiteite help leerders om te verstaan wat hulle geleer het.
  • ‘n Opsomming aan die einde van elke onderwerp help leerders studeer.
  • Die Formele Assesseringstaak (FAT) blokkie bevat take wat leerders voorberei vir dié wat in die klas voltooi moet word.
  • Vrae aan die einde van elke onderwerp help leerders met hersiening.
  • ‘n Voorbeeld van ‘n eksamenvraestel aan die einde van die boek sal leerders ook help oefen en leer oor alles wat hulle nodig het om te weet.
View Cart
ISBN: 9781415441299
Categories: , ,

Description

Aangesien hierdie jaar jou finale skooljaar is, sal jy tyd aan loopbaanoriëntering bestee, wat jou sal help besluit watter rigtings jy kan inslaan. Jy sal nuttige wenke oor studietegnieke en eksamenvoorbereiding ontvang, saam met voorstelle hoe om gesond en verantwoordelik te leef. Hierdie boek sal jou help om balans in jou lewe te handhaaf, wat noodsaaklik is vir jou sukses en geluk. Jy kan nou jou toekoms skep – dóén dit.