Via Afrika Afrikaans Huistaal Graad 9 Novelle: Die Roomyskoningin

R86.90

Hierdie novelles is geskryf om by die belangstellings en leesvlakke van leerders in Graad 7, 8 en 9 aan te pas. Die novelle vorm ‘n belangrike deel van die leeskomponent van die KABV-kurrikulum en moet aanvullend by die klasleesboek gebruik word.

View Cart
ISBN: 9781415441435
Categories: , , ,

Description

“Lus vir ’n roomys?” vra Marchant. Gaan hy dit nooit vergeet nie? Spot hy alweer met my? “Nee, dankie! Dis nie snaaks nie, hoor!” Lize verstaan nie hoekom moet sy altyd so ongemaklik voel wanneer Marchant naby is nie. En sy pêl noem haar die Roomyskoningin! Asof daar nou ys deur haar are vloei!
Gmf!
En dan is daar nog die Mej Hoogland-kompetisie, die poësiekompetisie en haar pa wat moontlik sy werk kan verloor… Gaan haar ys smelt en haar drome waar word? Wanneer sy saam met haar vriende die alledaagse probleme van ’n tiener trotseer en ook nog binne haarself ’n stryd voer oor haar ouers, gebeur daar stadig maar seker iets baie mooi in haar lewe…