Via Afrika Afrikaans Huistaal Graad 7 Leerderboek

R180.90

  • Volkleur, A4 grootte handboek.
  • Pragtige illustrasies en keurige uitleg.
  • Spesifiek geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringbeleidsverklaring (KABV) te voldoen.
  • Sleutelterme word in rooi gedruk as dit vir die eerste keer verskyn. ‘n Lys van hierdie terme word ook in rooi aan die begin van elke eenheid of hoofstuk gelys.
  • Nuwe woorde is in blou en word in die kantlyn verduidelik.
  • Aktiwiteite help leerders om te verstaan wat hulle geleer het.
  • ‘n Opsomming aan die einde van elke onderwerp help leerders studeer.
  • Die Formele Assesseringstaak (FAT) blokkie bevat take wat leerders voorberei vir dié wat in die klas voltooi moet word.
  • Vrae aan die einde van elke onderwerp help leerders met hersiening.
  • ‘n Voorbeeld van ‘n eksamenvraestel aan die einde van die boek sal leerders ook help oefen en leer oor alles wat hulle nodig het om te weet.
View Cart
ISBN: 9781415421048
Categories: , , ,

Description

Wil jy ‘n boodskap stuur vir iemand van wie jy hou? Moet jy die instruksies vir ‘n nuwe tuistoestel lees? Wil jy graag nuwe woorde in jou huistaal leer? Wat jy in hierdie boek gaan leer, sal dit alles moontlik maak. Dit sal jou help om jou lees- en kyk-, luister- en praat-, en skryfvaardighede te verbeter. Werk dus hard, lees baie boeke, en behaal daarmee uitstekende resultate.