Via Afrika Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 9 Novelle: ‘n Ander dimensie

R86.90

Hierdie novelles is geskryf om by die belangstellings en leesvlakke van leerders in Graad 7, 8 en 9 aan te pas. Die novelle vorm ‘n belangrike deel van die leeskomponent van die KABV-kurrikulum en moet aanvullend by die klasleesboek gebruik word.

View Cart
ISBN: 9781415441466
Categories: , , ,

Description

Is dit moontlik om na ’n ander dimensie te gaan en daar deur regte outydse seerowers ontvoer te word? Is dit wetenskapsfiksie of net ’n nare droom? Of is dit dalk die waarheid?

Hoe anders verklaar jy dit dat Lee-Anne, Mayo, Einstein en Slak saam in ’n vreemde dimensie beland, vol moorddadige karakters en met heel ander reëls? Reëls wat dinge soos moord en marteling insluit. Dit terwyl die vier van hulle een Saterdagmiddag doodonskuldig in hulle boomhuis na ’n seerowerkaart gesit en kyk het. ’n Kaart wat hulle na ’n geheime wêreld voer, vol skatte en doodsgevare. Hier word die vier maats se talente, waardes, vasberadenheid, dapperheid en vriendskap terdeë getoets.

Sal hulle óóit weer by die huis kom en óóit weer van Slak se ma se heerlike, tuisgemaakte hamburgers en aartappelskyfies eet? Lees en vind uit …