Via Afrika Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 8 Leerderboek

R198.90

  • Volkleur, A4 grootte handboek.
  • Pragtige illustrasies en keurige uitleg.
  • Spesifiek geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringbeleidsverklaring (KABV) te voldoen.
  • Sleutelterme word in rooi gedruk as dit vir die eerste keer verskyn. ‘n Lys van hierdie terme word ook in rooi aan die begin van elke eenheid of hoofstuk gelys.
  • Nuwe woorde is in blou en word in die kantlyn verduidelik.
  • Aktiwiteite help leerders om te verstaan wat hulle geleer het.
  • ‘n Opsomming aan die einde van elke onderwerp help leerders studeer.
  • Die Formele Assesseringstaak (FAT) blokkie bevat take wat leerders voorberei vir dié wat in die klas voltooi moet word.
  • Vrae aan die einde van elke onderwerp help leerders met hersiening.
  • ‘n Voorbeeld van ‘n eksamenvraestel aan die einde van die boek sal leerders ook help oefen en leer oor alles wat hulle nodig het om te weet.
View Cart
ISBN: 9781415421161
Categories: , , ,

Description

As ’n Graad 8-leerder sal jy reeds weet hoe lekker dit voel om jou in ’n ander taal uit te druk. Hierdie boek sal jou help om jou vaardighede nog meer te verbeter en sal jou die vermoë gee om meer te verstaan, meer te waardeer, selfs beter te vaar in jou ander vakke op skool en opwindende geleenthede vir jouself buite die klaskamer te skep. As jy hard werk en gereeld oefen, sal jy sien hoe allerhande moontlikhede ontvou. Die kans is in jou hande.