Via Afrika Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 5 Leerderboek

R143.90

Volkleur, A4 grootte handboek.
Pragtige illustrasies en keurige uitleg.
Spesifiek geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringbeleidsverklaring (KABV) te voldoen.
Sleutelterme word in rooi gedruk as dit vir die eerste keer verskyn. ‘n Lys van hierdie terme word ook in rooi aan die begin van elke eenheid of hoofstuk gelys.
Nuwe woorde is in blou en word in die kantlyn verduidelik.
Aktiwiteite help leerders om te verstaan wat hulle geleer het.
‘n Opsomming aan die einde van elke onderwerp help leerders studeer.
Die Formele Assesseringstaak (FAT) blokkie bevat take wat leerders voorberei vir dié wat in die klas voltooi moet word.
Vrae aan die einde van elke onderwerp help leerders met hersiening.
‘n Voorbeeld van ‘n eksamenvraestel aan die einde van die boek sal leerders ook help oefen en leer oor alles wat hulle nodig het om te weet.

View Cart
ISBN: 9781415424902
Categories: , , ,

Description

Welkom by nog ’n opwindende jaar om jou Eerste Addisionele Taal te leer. Hierdie boek is vol interessante leeraktiwiteite wat jou sal help om jou taalvaardighede te verbeter. Jy gaan baie pret hê saam met jou klasmaats wanneer julle oefen om in die klas te praat. Jy sal jou luistervermoë ontwikkel, en jy sal ook leer om op ’n beter vlak te lees en te skryf. Hoe meer jy die taal gebruik, hoe meer sukses sal jy behaal – in jou ander vakke op skool sowel as in die lewe buite die klaskamer. Wees gereed om die vryheid van uitdrukking te ontdek.