Via Afrika Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 12 Leerderboek

R277.90

  • Volkleur, A4 grootte handboek.
  • Pragtige illustrasies en keurige uitleg.
  • Spesifiek geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringbeleidsverklaring (KABV) te voldoen.
  • Sleutelterme word in rooi gedruk as dit vir die eerste keer verskyn. ‘n Lys van hierdie terme word ook in rooi aan die begin van elke eenheid of hoofstuk gelys.
  • Nuwe woorde is in blou en word in die kantlyn verduidelik.
  • Aktiwiteite help leerders om te verstaan wat hulle geleer het.
  • ‘n Opsomming aan die einde van elke onderwerp help leerders studeer.
  • Die Formele Assesseringstaak (FAT) blokkie bevat take wat leerders voorberei vir dié wat in die klas voltooi moet word.
  • Vrae aan die einde van elke onderwerp help leerders met hersiening.
  • ‘n Voorbeeld van ‘n eksamenvraestel aan die einde van die boek sal leerders ook help oefen en leer oor alles wat hulle nodig het om te weet.
View Cart
ISBN: 9781415422762
Categories: , , ,

Description

In jou lewe na skool, sal jou vaardighede in jou Eerste Addisionele Taal van die belangrikste vaardighede wees wat jy het om jou toekoms te bou. Hierdie boek sal jou help om ‘n meester kommunikeerder te wees en ‘n kenner in alle taal-dissiplines. Jy sal ook tyd spandeer aan die skryfproses, oefen vir ‘n werksonderhoud, voorbereide toesprake en aanbiedings doen en meer ontdek oor die prag van taal wanneer jy gedigte, drama en kortverhale bestudeer. Deur hard te werk aan jou Eerste Addisionele Taal sal dit heel moontlik ook vir jou makliker raak om jou ander vakke te bestudeer en uit te blink in jou finale eksamens, wat gevolglik nuwe en opwindende geleenthede kan inhou. Die wêreld wag. Dit is tyd vir jou om jou storie te vertel.