e-Boek ePub vir tablette: Via Afrika Fisiese Wetenskappe Graad 11 Leerderboek

R70.61

Interaktiewe eBoek van Leerderboek ingebed met videos, animasie, klankgrepe en meer. Vir gebruik op tablette.

Buy product

ISBN: 9781415444115
Categories: , ,

Description

Hierdie is die digitale weergawe van die boek, vir gebruik op tablette. Kliek hier vir meer inligting oor ons verskeie eboeke.


Sir Isaac Newton het die deur vir baie van ons hedendaagse prestasies oopgemaak toe  hy die gravitasie- en bewegingswette ontdek het. Sonder hom sou ons dalk nie vliegtuie  of satelliete gehad het of in staat gewees het om ruimtereise te onderneem nie. Dit is maar net een van die fassinerende temas wat jy hierdie jaar gaan bestudeer. Jy sal ook meer omtrent klank- en liggolwe, elektrisiteit, materie en materiale leer. Jy sal selfs ’n deeglike oorsig oor die goudmynwese en die chemie van toepassing op die ontginning en raffinering van erts kry. Fisiese Wetenskappe en die toepassing daarvan is van onskatbare waarde in ons hedendaagse wêreld en daar is baie loopbane wat dit insluit. Hierdie boek sal jou wys watter krag en potensiaal jy deur jou kennis kan bereik. Wees ontvanklik en kyk self.