e-Boek (e-PDF): Via Afrika Afrikaans Huistaal Graad 8 Novelle: Met die potlood

R21.30

Hierdie novelles is geskryf om by die belangstellings en leesvlakke van leerders in Graad 7, 8 en 9 aan te pas. Die novelle vorm ‘n belangrike deel van die leeskomponent van die KABV-kurrikulum en moet aanvullend by die klasleesboek gebruik word.

Buy product

ISBN: 9781415455920
Categories: , , ,

Description

Hierdie is die digitale weergawe van die boek, vir gebruik op tablette. Kliek hier vir meer inligting oor ons verskeie eboeke.


Elton September is ’n 13-jarige seun. Hy doen nie waffers in sy skoolwerk nie, maar die kunsonderwyser reken dat hy ’n besondere kunstalent het en die kunsskool op die dorp wink. Tuis stuur dinge egter op ’n nagmerrie af. In die woonbuurt word hy geboelie deur die “stoepstaners”. By die skool loop hy onder die nukke en grille van die Wise Guys deur en om alles te vererger, begin die kinders by die kunsskool skielik baie vreemd optree.

Toe die polisie net voor die skool sluit vir die Desembervakansie skielik by die skool opdaag, weet Elton hier kom moeilikheid. Hoekom is hulle hier? En waar kom die plastieksakkie met wit poeier in sy sak vandaan? Voordat hy hom kom kry, land Elton agter in ’n vangwa. Wat gaan aan? Gaan hy ooit uit hierdie penarie kom? En hoe?