Via Afrika Rekeningkunde Graad 11 Leerderboek

R285.90

  • Volkleur, A4 grootte handboek.
  • Pragtige illustrasies en keurige uitleg.
  • Spesifiek geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringbeleidsverklaring (KABV) te voldoen.
  • Sleutelterme word in rooi gedruk as dit vir die eerste keer verskyn. ‘n Lys van hierdie terme word ook in rooi aan die begin van elke eenheid of hoofstuk gelys.
  • Nuwe woorde is in blou en word in die kantlyn verduidelik.
  • Aktiwiteite help leerders om te verstaan wat hulle geleer het.
  • ‘n Opsomming aan die einde van elke onderwerp help leerders studeer.
  • Die Formele Assesseringstaak (FAT) blokkie bevat take wat leerders voorberei vir dié wat in die klas voltooi moet word.
  • Vrae aan die einde van elke onderwerp help leerders met hersiening.
  • ‘n Voorbeeld van ‘n eksamenvraestel aan die einde van die boek sal leerders ook help oefen en leer oor alles wat hulle nodig het om te weet.
View Cart
ISBN: 9781415436721
Categories: , ,

Description

Hierdie Rekeningkunde-kursus sal jou bemagtig om jou finansies by die huis te bestuur. Dit sal ook vir jou ’n nuttige hulpmiddel wees om in die toekoms ’n finansiële leier te word. Jy sal waardevolle kennis oor etiek, interne beheer en die rekonsiliasie van rekeninge inwin. Jy sal meer oor die algemene beginsels van rekeningkunde leer en insig in vennootskappe en organisasies sonder winsbejag verkry. Kosterekeningkunde sal jou wys hoe om die omskakeling van rou materiale in finale produkte te bestuur, terwyl finansiële rekeningkunde jou meer oor vaste bates, inkomste en uitgawes sal leer. Hierdie boek sal jou dus ’n voorsprong gee om jou drome te verwesenlik, ongeag wat dit is.