Via Afrika Natuurwetenskappe Graad 9 Onderwysersgids

R250.90

Die reeks is volgens die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (‘CAPS’) geskryf.
‘n Moontlike werkskedule is ingesluit.
Elke hoofstuk begin met ‘n oorsig van wat onderrig word en die hulpbronne wat jy benodig.
Daar is advies oor die voorgestelde pas wat jou sal help om die hele jaar se werk betyds af te handel.
Ons gee by elke onderwerp raad oor hoe om konsepte bekend te stel en hoe om leerders met steierwerk voor te berei en te ondersteun.
Al die antwoorde word gegee; jy bespaar dus tyd omdat jy nie die oefeninge self hoef uit te werk nie.
‘n CD propvol hulpbronne is ook ingesluit om jou met onderrig en assessering te help.
Addisionele voorbeeldvrae, toetse of assesseringstake, wat jy kan kopieer, sal jou help om jou leerders effektief te assesseer.

View Cart
ISBN: 9781415420812
Categories: , ,

Description

Via Afrika verstaan en waardeer jou bydrae as onderwyser en wil jou graag ondersteun. Jy het die belangrikste taak in die onderwys, en ons besef dat jou verantwoordelikhede veel meer as bloot die onderrig van leerinhoude behels. Ons het ons bes gedoen om jou tyd te bespaar en jou lewe te vergemaklik.