Via Afrika Natuurwetenskappe Graad 8 Leerderboek

R198.90

  • Volkleur, A4 grootte handboek.
  • Pragtige illustrasies en keurige uitleg.
  • Spesifiek geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringbeleidsverklaring (KABV) te voldoen.
  • Sleutelterme word in rooi gedruk as dit vir die eerste keer verskyn. ‘n Lys van hierdie terme word ook in rooi aan die begin van elke eenheid of hoofstuk gelys.
  • Nuwe woorde is in blou en word in die kantlyn verduidelik.
  • Aktiwiteite help leerders om te verstaan wat hulle geleer het.
  • ‘n Opsomming aan die einde van elke onderwerp help leerders studeer.
  • Die Formele Assesseringstaak (FAT) blokkie bevat take wat leerders voorberei vir dié wat in die klas voltooi moet word.
  • Vrae aan die einde van elke onderwerp help leerders met hersiening.
  • ‘n Voorbeeld van ‘n eksamenvraestel aan die einde van die boek sal leerders ook help oefen en leer oor alles wat hulle nodig het om te weet.
View Cart
ISBN: 9781415419267
Categories: , ,

Description

Hierdie fassinerende boek sal jou help om nuwe kennis van ons wêreld en die belangrike rol wat ons daarin speel, in te win. Jy sal leer van ekostelsels, voedselkettings en voedselwebbe. Jy sal uitvind hoe die Son ons van energie voorsien en die geleenthede en verantwoordelikhede wat hierby betrokke is, ontdek. Jy sal ook meer leer van sons- en maanverduisterings, ons Sonnestelsel en die wonders wat nog verder as dit strek. Alles en nog baie meer, te danke aan Natuurwetenskappe – jou sleutel tot die Heelal.