Via Afrika Lewensvaardighede Graad 6 Leerderboek

R149.90

Volkleur, A4 grootte handboek.
Pragtige illustrasies en keurige uitleg.
Spesifiek geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringbeleidsverklaring (KABV) te voldoen.
Sleutelterme word in rooi gedruk as dit vir die eerste keer verskyn. ‘n Lys van hierdie terme word ook in rooi aan die begin van elke eenheid of hoofstuk gelys.
Nuwe woorde is in blou en word in die kantlyn verduidelik.
Aktiwiteite help leerders om te verstaan wat hulle geleer het.
‘n Opsomming aan die einde van elke onderwerp help leerders studeer.
Die Formele Assesseringstaak (FAT) blokkie bevat take wat leerders voorberei vir dié wat in die klas voltooi moet word.
Vrae aan die einde van elke onderwerp help leerders met hersiening.
‘n Voorbeeld van ‘n eksamenvraestel aan die einde van die boek sal leerders ook help oefen en leer oor alles wat hulle nodig het om te weet.

View Cart
ISBN: 9781415423868
Categories: , , ,

Description

Hierdie Lewensvaardighede-kursus sal jou leer om na jou gesondheid en welstand om te sien en sal jou help om ’n verantwoordelike lid van die samelewing te word. Jy gaan aandag gee aan die probleme van groepsdruk en afknouery en uitvind waar jy ondersteuning kan kry as jy dit nodig het. Jy gaan verstaan waarom jou liggaam verander soos wat jy ouer word. Jy gaan meer van siektes leer en hoe om jouself teen siektes te beskerm. Jy gaan oefeninge buite doen om jou fiksheid en koördinasie te ontwikkel, en jy gaan praktiese aktiwiteite in Skeppende Kunste doen. Hierdie boek is basies jou gids tot die suksesvolste lewe wat jy kan leef. Wees gereed om met die ontdekkingsreis te begin.