Via Afrika Lewensvaardighede Graad 5 Leerderboek

R143.90

Volkleur, A4 grootte handboek.
Pragtige illustrasies en keurige uitleg.
Spesifiek geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringbeleidsverklaring (KABV) te voldoen.
Sleutelterme word in rooi gedruk as dit vir die eerste keer verskyn. ‘n Lys van hierdie terme word ook in rooi aan die begin van elke eenheid of hoofstuk gelys.
Nuwe woorde is in blou en word in die kantlyn verduidelik.
Aktiwiteite help leerders om te verstaan wat hulle geleer het.
‘n Opsomming aan die einde van elke onderwerp help leerders studeer.
Die Formele Assesseringstaak (FAT) blokkie bevat take wat leerders voorberei vir dié wat in die klas voltooi moet word.
Vrae aan die einde van elke onderwerp help leerders met hersiening.
‘n Voorbeeld van ‘n eksamenvraestel aan die einde van die boek sal leerders ook help oefen en leer oor alles wat hulle nodig het om te weet.

View Cart
ISBN: 9781415423820
Categories: , ,

Description

Hierdie kursus sal jou help om verskeie belangrike aspekte van jou lewe te ontwikkel. Jy sal meer van jou regte en die regte van ander te wete kom. Jy sal meer leer omtrent ’n gesonde dieet, die versorging van jou liggaam en om skadelike dinge soos geweld en dwelmmiddels te vermy. Jy sal ook uitvind hoe jy Suid-Afrika se omgewing kan help deur water te bespaar. Aktiwiteite in Uitvoerende Kunste en Beeldende Kunste sal jou help om jou kreatiwiteit te ontwikkel, en jy gaan teikenspeletjies buite speel wat jou mik- en gooivaardighede sal bevorder. Jy sal teen die einde van die jaar nuwe vaardighede en kennis aangeleer het wat jou sal help om jou drome waar te maak.