Via Afrika Lewensvaardighede Graad 4 Leerderboek

R139.90

Volkleur, A4 grootte handboek.
Pragtige illustrasies en keurige uitleg.
Spesifiek geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringbeleidsverklaring (KABV) te voldoen.
Sleutelterme word in rooi gedruk as dit vir die eerste keer verskyn. ‘n Lys van hierdie terme word ook in rooi aan die begin van elke eenheid of hoofstuk gelys.
Nuwe woorde is in blou en word in die kantlyn verduidelik.
Aktiwiteite help leerders om te verstaan wat hulle geleer het.
‘n Opsomming aan die einde van elke onderwerp help leerders studeer.
Die Formele Assesseringstaak (FAT) blokkie bevat take wat leerders voorberei vir dié wat in die klas voltooi moet word.
Vrae aan die einde van elke onderwerp help leerders met hersiening.
‘n Voorbeeld van ‘n eksamenvraestel aan die einde van die boek sal leerders ook help oefen en leer oor alles wat hulle nodig het om te weet.

View Cart
ISBN: 9781415423783
Categories: , ,

Description

Hierdie kursus sal jou help om jou lewe suksesvol en gesond te leef. Jy sal meer omtrent jou eie sterk punte ontdek. Jy sal van MIV en VIGS leer en hoe om mense te ondersteun wat hierdeur geraak word. Jy gaan verskillende kulture in Suid-Afrika bestudeer en leer hoe belangrik dit is om die omgewing te beskerm. Jy gaan ook jou balans en koördinasie met verskillende buitemuurse aktiwiteite verbeter en leer wat die geheime van ’n gesonde dieet is. Jy sal jou kreatiwiteit ontwikkel wanneer jy Uitvoerende Kunste en Beeldende Kunste verken. Alles wat jy doen, sal jou help om te ontwikkel tot die beste persoon wat jy kan wees.