Via Afrika Lewensoriëntering Graad 10 Leerderboek

R244.90

  • Volkleur, A4 grootte handboek.
  • Pragtige illustrasies en keurige uitleg.
  • Spesifiek geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringbeleidsverklaring (KABV) te voldoen.
  • Sleutelterme word in rooi gedruk as dit vir die eerste keer verskyn. ‘n Lys van hierdie terme word ook in rooi aan die begin van elke eenheid of hoofstuk gelys.
  • Nuwe woorde is in blou en word in die kantlyn verduidelik.
  • Aktiwiteite help leerders om te verstaan wat hulle geleer het.
  • ‘n Opsomming aan die einde van elke onderwerp help leerders studeer.
  • Die Formele Assesseringstaak (FAT) blokkie bevat take wat leerders voorberei vir dié wat in die klas voltooi moet word.
  • Vrae aan die einde van elke onderwerp help leerders met hersiening.
  • ‘n Voorbeeld van ‘n eksamenvraestel aan die einde van die boek sal leerders ook help oefen en leer oor alles wat hulle nodig het om te weet.
View Cart
ISBN: 9781415422915
Categories: , ,

Description

As ‘n Graad 10-leerder het jy ‘n opwindende stadium van jou lewe bereik. Jy beweeg nader aan volwassenheid, nader aan die wêreld van werk en ‘n hele nuwe stel besluite en verantwoordelikhede. Hierdie Lewensoriënteringskursus sal jou help op al die relevante gebiede – van raad met jou beroep tot verhoudings. Jy sal ook uitstekende wenke kry oor hoe om gesond te lewe. Jy sal meer leer omtrent die verskillende godsdienste en gelowe van Suid-Afrika se mense en hoe ons almal kan saamlewe. Jy sal selfvertroue bou, jou studievaardighede slyp, jou regte en die regte van ander leer ken, en nog baie meer dinge wat jou in die samelewing vandag en in die toekoms sal help. Kortliks, sal jy leer hoe om die beste in jouself na vore te bring. Met hierdie kennis, is daar nie perke aan wat jy kan bereik nie!