Via Afrika Geografie Graad 12 Leerderboek

R302.90

  • Volkleur, A4 grootte handboek.
  • Pragtige illustrasies en keurige uitleg.
  • Spesifiek geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringbeleidsverklaring (KABV) te voldoen.
  • Sleutelterme word in rooi gedruk as dit vir die eerste keer verskyn. ‘n Lys van hierdie terme word ook in rooi aan die begin van elke eenheid of hoofstuk gelys.
  • Nuwe woorde is in blou en word in die kantlyn verduidelik.
  • Aktiwiteite help leerders om te verstaan wat hulle geleer het.
  • ‘n Opsomming aan die einde van elke onderwerp help leerders studeer.
  • Die Formele Assesseringstaak (FAT) blokkie bevat take wat leerders voorberei vir dié wat in die klas voltooi moet word.
  • Vrae aan die einde van elke onderwerp help leerders met hersiening.
  • ‘n Voorbeeld van ‘n eksamenvraestel aan die einde van die boek sal leerders ook help oefen en leer oor alles wat hulle nodig het om te weet.
View Cart
ISBN: 9781415422663
Categories: , ,

Description

Siklone is baie sterk windsisteme wat ‘n merkwaardige impak op mense en die omgewing kan uitoefen. Tydens hierdie finale, opwindende jaar van sekondêre skool Geografie, sal jy ‘n voëlperspektief van hierdie wonderlike natuurkragte kry, wanneer jy satellietbeelde en sinoptiese weerkaarte bestudeer. Jy sal ook baie belangrike aspekte van vernaam Suid-Afrika bestudeer. Ondersoek ons rivierstelsels. Bekom waardevolle nuwe vaardighede wanneer jy met tipografiese kaarte werk. Ondersoek verskillende tipes nedersettinge en die redes vir landelike-stedelike migrasie. Leer ken ons ekonomiese geografie wanneer jy meer oor Suid-Afrika se mynbou en minerale, asook landbou, markte en die land se industriële streke leer. Al hierdie kennis sal jou nie alleenlik voorberei vir jou finale eksamen nie – maar jou ook voorsien van ‘n perfekte grondslag vir verdere studies vir ‘n aantal opwindende loopbane. Maak oop en ontdek die moontlikhede.