Via Afrika Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 11 Leerderboek

R249.90

  • Volkleur, A4 grootte handboek.
  • Pragtige illustrasies en keurige uitleg.
  • Spesifiek geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringbeleidsverklaring (KABV) te voldoen.
  • Sleutelterme word in rooi gedruk as dit vir die eerste keer verskyn. ‘n Lys van hierdie terme word ook in rooi aan die begin van elke eenheid of hoofstuk gelys.
  • Nuwe woorde is in blou en word in die kantlyn verduidelik.
  • Aktiwiteite help leerders om te verstaan wat hulle geleer het.
  • ‘n Opsomming aan die einde van elke onderwerp help leerders studeer.
  • Die Formele Assesseringstaak (FAT) blokkie bevat take wat leerders voorberei vir dié wat in die klas voltooi moet word.
  • Vrae aan die einde van elke onderwerp help leerders met hersiening.
  • ‘n Voorbeeld van ‘n eksamenvraestel aan die einde van die boek sal leerders ook help oefen en leer oor alles wat hulle nodig het om te weet.
View Cart
ISBN: 9781415436684
Categories: , , ,

Description

Daar is geen groter vryheid as die vryheid van uitdrukking nie. ’n Goeie vermoë om jou in ’n ander taal uit te druk, is nuttig in meer opsigte as wat jy jou kan indink. Dit sal jou help om in jou ander vakke op skool te presteer. Dit sal jou meer werksgeleenthede gee nadat jy klaar is met jou studies. Dit sal jou die vermoë gee om jou gedagtes en idees, wat ’n groot deel van jou identiteit uitmaak, te kommunikeer. Dit sal selfs daartoe lei dat jy films en literatuur meer geniet. Hierdie boek is vol interessante oefeninge wat jou sal help om jou taalvaardighede te verbeter. As jy hard werk en oefen wat jy geleer het, sal jy allerhande ongelooflike moontlikhede sien ontvou, ongeag wat jy in die toekoms wil doen.