Storiestraat Graad R Luisterprogram

R677.90

Storiestraat bied gebalanseerde ontwikkeling van geletterdheid in Afrikaans. Dit is hierdie benadering tot geletterdheidsontwikkeling wat die NKV sterk aanbeveel. Storiestraat verskaf so ‘n gebalanseerde benadering deur die integrasie van taal en klank- en

woordbouvaardighede binne die betekenisvolle konteks van stories en ander tekste soos rympies. Die reeks volg ‘n ‘regte’-boekbenadering: dit bevat boeiende tekste geskep deur bekende kinderboekskrywers met pragtige illustrasies deur ‘n verskeidenheid kunstenaars.

Die Leerderboeke het:

• agt sentrale temas vir elke graad

• pragtig geïllustreerde aktiwiteite geskoei op die voorleesstories in die Onderwysersgids

• aktiwiteite wat die vaardighede van luister, praat, lees, kyk, skryf, denke, taal, klank en spel integreer

• ‘n verskeidenheid ontwerp- en kunsstyle en illustrasies

• ‘n speletjiebord vir elke tema om taal- en

woordbouvaardighede te ontwikkel

• selfassesseringsmatrikse vir elke tema

• ‘n bylae met woordfamilies

Geletterdheid

Die Onderwysersgidse sluit in:

• die Leeruitkomste en Assesseringstandaarde vir elke aktiwiteit

• skakels met ‘Foundations for Learning’

• ‘n eenvoudige vyf-stap-plan vir die ontwikkeling

van vaardighede, kennis, begrip en waardes binne ‘n betekenisvolle konteks

• voorleesstories vir elke tema

• gedifferensieerde aktiwiteite op drie taalvlakke

• volledige onderrignotas vir elke aktiwiteit

• assesseringsinstrumente en -wenke vir elke aktiwiteit

• integrasiemoontlikhede met ander leerprogramme

• voorstelle vir verwante aktiwiteite

Die Grootboek Onderwysersgidse voorsien maklike en stapsgewyse riglyne vir die gebruik van die

Grootboeke en Kleinboeke vir saamlees en begeleide en onafhanklike lees.

ISBN: 12952

Description

Storiestraat bied gebalanseerde ontwikkeling van geletterdheid in Afrikaans. Dit is hierdie benadering tot geletterdheidsontwikkeling wat die NKV sterk aanbeveel. Storiestraat verskaf so ‘n gebalanseerde benadering deur die integrasie van taal en klank- en woordbouvaardighede binne die betekenisvolle konteks van stories en ander tekste soos rympies. Die reeks volg ‘n ‘regte’-boekbenadering: dit bevat boeiende tekste geskep deur bekende kinderboekskrywers met pragtige illustrasies deur ‘n verskeidenheid kunstenaars. Die Leerderboeke het: • agt sentrale temas vir elke graad • pragtig geïllustreerde aktiwiteite geskoei op die voorleesstories in die Onderwysersgids • aktiwiteite wat die vaardighede van luister, praat, lees, kyk, skryf, denke, taal, klank en spel integreer • ‘n verskeidenheid ontwerp- en kunsstyle en illustrasies • ‘n speletjiebord vir elke tema om taal- en woordbouvaardighede te ontwikkel • selfassesseringsmatrikse vir elke tema • ‘n bylae met woordfamilies Geletterdheid Die Onderwysersgidse sluit in: • die Leeruitkomste en Assesseringstandaarde vir elke aktiwiteit • skakels met ‘Foundations for Learning’ • ‘n eenvoudige vyf-stap-plan vir die ontwikkeling van vaardighede, kennis, begrip en waardes binne ‘n betekenisvolle konteks • voorleesstories vir elke tema • gedifferensieerde aktiwiteite op drie taalvlakke • volledige onderrignotas vir elke aktiwiteit • assesseringsinstrumente en -wenke vir elke aktiwiteit • integrasiemoontlikhede met ander leerprogramme • voorstelle vir verwante aktiwiteite Die Grootboek Onderwysersgidse voorsien maklike en stapsgewyse riglyne vir die gebruik van die Grootboeke en Kleinboeke vir saamlees en begeleide en onafhanklike lees.