e-Boek ePub vir tablette: Via Afrika Wiskundige Geletterdheid Graad 11 Leerderboek

R70.61

Interaktiewe eBoek van Leerderboek ingebed met videos, animasie, klankgrepe en meer. Vir gebruik op tablette.

Buy product

ISBN: 9781415445280
Categories: , ,

Description

Hierdie is die digitale weergawe van die boek, vir gebruik op tablette. Kliek hier vir meer inligting oor ons verskeie eboeke.


Wil jy graag uitvind hoe om ’n kleinsakeonderneming te begin? Wil jy graag meer weet  omtrent al die aspekte daarvan, byvoorbeeld lenings, beleggings, winste en koste? Hierdie boek sal jou in staat stel om ingeligte besluite te neem wanneer jy ’n klein sake onderneming op die been bring. Dit sal jou wys hoe om jou nuwe kennis in praktiese situasies toe te pas en jou met verskeie ander vaardighede toerus  wat voordelig sal wees in jou lewe. Jy sal byvoorbeeld salarisstrokies en die WVF kan verstaan, en jy sal meer omtrent die bankwese leer. Jy sal voorafbetaalde selfoonpakkette en selfoonkontrakte kan vergelyk. Jy sal waterverbruik kan bereken. Jy sal afstande op nasionale kaarte kan bereken. Jy sal selfs met metings werk wat jou  in staat sal stel om goed te bou. Werk hard en kyk hoe die ongelooflikste moontlikhede ontvou.