e-Boek ePub vir tablette: Via Afrika Lewenswetenskappe Graad 11 Leerderboek

R70.61

Interaktiewe eBoek van Leerderboek ingebed met videos, animasie, klankgrepe en meer. Vir gebruik op tablette.

Buy product

ISBN: 9781415444412
Categories: , ,

Description

Hierdie is die digitale weergawe van die boek, vir gebruik op tablette. Kliek hier vir meer inligting oor ons verskeie eboeke.


Die natuurlike wêreld is regtig merkwaardig en hierdie boek sal jou aan baie van sy wonders bekendstel. Jy sal makro- en mikrowêreldstelsels verken. Jy sal meer omtrent die vier verskillende plantgroepe leer en die fassinerende proses van bestuiwing  deur voëls en insekte ontdek. Jy sal selfs van malaria, tuberkulose en inentings teen verskeie siektes leer. Daar is ’n verband en ’n delikate balans tussen alle lewende dinge op aarde en jy sal dit in hierdie boek kan sien. Die versteuring van hierdie balans kan tot ernstige omgewingsprobleme lei. Die menslike bevolking is slegs een voorbeeld van wat jy hierdie jaar gaan bespreek, en sal jou insig gee in die uitwerkings van geboorte- en sterftesyfers, emigrasie en immigrasie. Hierdie boek sal jou die regte grondslag gee indien jy ’n loopbaan oorweeg wat gedetailleerde kennis van die natuurlike wêreld vereis. Selfs al oorweeg jy nie so ’n loopbaan nie, sal hierdie
boek jou verryk en jou verwonder laat oor die krag van die natuur. Ons het net een aarde. Dit is die ideale geleentheid om dit te verken.